In 2007 is ‘n Alzheimer-eenheid ingerig weens die geweldige behoefte aan hierdie soort sorg.  Dit is algaande uitgebrei sodat daar tans fasiliteite vir 28 Alzheimer pasiënte is. 

Die inwoners van ons Alzheimer Afdeling genaamd “Sonland” word daagliks gestimuleer met speletjies, soos blokkies – en legkaartbou, sagte speelgoed en bekende aktiwiteite, soos brei en hekelwerk.

Bogenoemde twee afdelings word afwisselend deur twee geregistreerde Verpleegkundiges bestuur, sodat daar daagliks ten minste een gewalifiseerde verpleegkundige aan diens is.  Hulle word bygestaan deur bekwame en toegewyde stafverpleegsters, assistentverpleegsters en verpleeghulpe.

Daar word 24-uur mediese sorg en toesig in die versorginseenheid gelewer.

Drie maaltye per dag, waarvan afwisselende spyskaarte deur geregistreerde dieetkundiges saamgestel is, word in twee netjiese eetsale bedien, terwyl verversings gereeld tussen maaltye in die kamers bedien word.  Die Tuiste beskik oor ‘n wassery waar inwoners se klere beurtelings vir die onderskeie afdelings gewas word.

Ander dienste wat gelewer word is haarkappery, voetversorging en die neem van bloeddruk en bloedsuikertoetse.

Die gevaar van kragonderbrekings word afgeweer deur ‘n funksionele kragopwekker, wat outomaties aanskakel sodra ‘n kragonderbreking voorkom.

Daaglikse aktiwiteite word ook weeksdae aangebied, wat insluit koördinasie-oefeninge, Bybelstudie deur verskillende denominasies, biblioteek en brein-stimulasie-oefeninge soos bingo, behalwe gedurende wintermaande.

EENHEIDSKOSTE SLUIT IN:

Drie etes per dag, verversings, wasgoed, skoonmaakdienste, 24 uur mediese versorging, 24uur Sekuriteit en observasie.  Vervoer (addisionele koste).