Nigel is geleë aan die suid-oostelike grens van Gauteng.  Nigel Tuiste vir Bejaardes se geboue is in 1972 opgerig deur die Nigelse Stadsraad, maar word bedryf deur die Nederduitse Gereformeerde Barmhartigheidsdiens naamlik Tutela.

Nigel Tuiste vir Bejaardes beskik oor drie tipes akkomodasie:

Versorgingseenheid vir Bejaarde, Semi Verswak, Verswak en Alzheimer persone in verskillende stadiums van verswakheid.

In die selfversorgende afdeling word bejaardes, wat nog tot ‘n groot mate onafhanklik is in hulle algemene daaglikse aktiwiteite soos was, aantrek, beweeg en eet in gerieflike kamers gehuisves.

Die semi-verswakte afdeling huisves persone wat reeds hulp nodig het met was, aantrek en beweging.

Hierdie twee afdelings staan onder toesig van ‘n gewalifiseerde verpleegkundige, asook enkele ander stafverpleegster en hulpverpleegsters.

Verswakte bejaardes, waarvan baie bed- of kamergebonde is, word in die verswakte eenheid omvattend versorg.

Sommige is ook van permanente suurstofvoorsiening afhanklik, en ander word selfs gevoer.

In 2007 is ‘n Alzheimer-eenheid ingerig weens die geweldige behoefte aan hierdie soort sorg.  Dit is algaande uitgebrei sodat daar tans fasiliteite vir 28 Alzheimer pasiënte is.