Enkel-, een- en tweeslaapkamer huureenhede vir persone bo die ouderdom van 60 jaar.

Die Tuiste vir Bejaardes, Nigel akkommodeer selfversorgende, enkellopende Bejaardes netjiese enkelwooneenhede teen redelike tariewe.  

Egpare word in eenslaapkamer huur wooneenhede gehuisves.  Onderdak parkeergeriewe teen ‘n ekstra koste word aangebied.

Daar is ook tweeslaapkamereenhede te huur, wat behalwe die tweede slaapkamer oor dieselfde geriewe beskik as laagenoemde eenslaapkamereenhede.

Dienste soos voetversorging, bloeddrukmeting en bloedsuikertoetsing, asook haarsalondienste is op die terrein beskikbaar teen minimale koste.  Gratis vervoer word weekliks verskaf aan inwoners op die perseel dorp toe en terug.  ‘n Minimale fooi word op vervoer gehef vir ander doeleindes, byvoorbeeld vir geneesheer afsprake ens. op ander tye gedurende die week.

ENKEL WOONSTEL TIPE A
(Ou Woonstelle)

ENKEL WOONSTEL TIPE B

ENKEL WOONSTEL TIPE C (NUUT)

1 SLAAPKAMER WOONSTEL TIPE A

1 SLAAPKAMER WOONSTEL TIPE B

2 SLAAPKAMER WOONSTEL (NUUT)