Goue Jare en Silwer Jare Aftree-oord

Goue Jare Aftree-oord beskik oor wooneenhede van verskillende groottes waarvan die okkupasiereg verkoop word.  Okkupasiereg behels lewensreg vir die kopers, wat nie oordraagbaar is na erfgename nie.  Lewensreg kom tot ‘n einde wanneer die langslewende te sterwe kom, of wanneer die eienaars nie meer in staat is om na hulle self om te sien nie.  Tagtig persent (80%)  van die oorspronklike koopprys sal binne ses maande nadat die ooreenkoms tot ‘n einde gekom het, aan die boedel of aan die kopers terugbetaal word na gelang van omstandighede.

Ruim een- en tweeslaapkamereenhede van verskillende groottes word aangebied.  Eenslaapkamer eenhede beskik oor ‘n motorafdak, terwyl 2 slaapkamer eenhede oor ‘n motorhuis beskik.

‘n Heffing in verhouding tot die grootte van elke wooneenheid betaal vir dienste soos munisipale dienste, versekering, sekuriteit, onderhoud, tuindienste en dies meer.  Elektrisiteit word deur voorafbetaalde kragmeters voorsien, waarvan die koepons by die kantoor van die Tuiste verkry kan word.

Silwer Jare Aftree-oord wat in Kerk Straat geleë is beskik oor 2 Slaapkamer lewensreg eenhede en beskik oor al die voordele wat beskikbaar is aan die Goue Jare inwoners.

Dieselfde dienste wat aangebied word vir die huur wooneenhede naamlik nood mediesedienste, haarkappers en vervoer is ook vir Goue Jare en Silwer Jare inwoners beskikbaar.

1 SLAAPKAMER WOONSTEL MET AFDAK

1 ½ SLAAPKAMER WOONSTEL MET AFDAK

2 SLAAPKAMER WOONSTEL MET MOTORHUIS (Klein)

2 SLAAPKAMER WOONSTEL MET MOTORHUIS (Medium)

2 SLAAPKAMER WOONSTEL MET MOTORHUIS (Groot)